Bob se laaste brief

RKDie volgende komieklike brief illustreer presies
dit wat Paulus nie bedoel het toe hy gesê het: “Mans, julle moet julle
vrouens liefhê,” nie.”

Liewe vriende. Mans moet onthou wanneer hulle vroue
oud word, is dit moeiliker vir hulle om die kwaliteit van hulle huiswerk op
dieselfde vlak te hou. Wanneer mans dit agterkom, moet hulle probeer om nie op
hulle vroue te skree nie. Laat ek aan julle vertel hoe ek die situasie hanteer.
Toe ek vroeg afgetree het, was dit noodsaaklik dat Nancy voltyds moes begin werk. Kort nadat sy
begin werk het, het ek agtergekom dat sy begin oud lyk. Ek kom gewoonlik tuis
van die viswaters af teen dieselfde tyd wat sy van die werk af kom. Alhoewel sy
weet dat ek rasend honger is, rus sy meestal eers voordat sy begin kos maak. Ek
probeer om nie op haar te skree nie en sê eerder vir haar dat sy haar tyd moet
vat en my moet wakker maak sodra die kos op die tafel is. Sy het gewoonlik die
skottelgoed gewas sodra ons klaar was met aandete. Deesdae los sy hulle vir
etlike ure na ete. Ek doen maar wat ek kan
en herhinner haar elke aand daaraan dat die skottelgoed nie hulself gaan was
nie. Ek weet sy waardeer dit, aangesien dit haar help om te onthou om die
skottelgoed te was voordat sy bed toe gaan.

Dit gee haar ook meer tyd om ander goed te doen
soos om die hond te bad, te stofsuig en af te stof. En as ek ‘n goeie dag langs
die viswaters gehad het, is daar meer tyd vir haar om die vis rustig skoon te
maak. Ek weet dat ek waarskynlik soos ‘n engel lyk omdat ek Nancy so ondersteun. Maar, ouens, as ek dit
net kan
regkry dat julle minder op julle vroue skree nadat julle hierdie brief gelees
het, was dit die moeite werd.

Geteken, Bob.

Na-skrif: Bob se
begrafnis is die Saterdag gehou. Na na-skrif: Nancy is Maandag in hegtenis geneem.

© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za

Scroll to Top