Berei jy jouself voor?

 
ImageDit is wys om “veiligheidsnette” soos spaargeld, versekering en beleggings te hê. Lewenstorms kom skielik en onverwags. Wat gaan jy doen om op sukses voor te berei? God sê Hy kan: “Ek (sal) die vensters van die hemel vir julle oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik,” (Mal. 3:10, NAV). As God sy seën oor jou uitstort, gaan jy gereed wees om dit te ontvang? Berei jy voor vir iets groter of is jy gemaklik met die status quo?
Nadat hulle die hele aand sonder enige sukses probeer visvang het, het Jesus vir Petrus gesê: “Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang,” (Luk. 5:4, NAV). Petrus het aan Hom verduidelik dat die visse nie wou byt nie en bygevoeg “maar op u woord sal ek die nette uitgooi,” (Luk. 5:5, NAV). Let op wat Jesus sê: “gooi julle nette uit” (meervoud) en wat Petrus antwoord: “ek sal die nette uitgooi” (enkelvoud). Jesus het groter gedink as Petrus! Daardie nag het hulle soveel visse gevang, “hulle nette wou skeur.” Ons lees verder: “Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer,” (Luk 5:7-8, NAV). Petrus het meer as een boot en een net nodig gehad om te hanteer wat God in gedagte gehad het. Kry jy die idee?
Wanneer jy bid vir meer sukses, berei jy jouself voor daarop? Leer jy verder? Is jy besig om jou vaardighede op te skerp en nuwe maniere te ontwikkel waarop jy goed kan doen? Is jy bereid om saam met ander te werk? Is jy bereid om by Jesus se voete neer te val en te erken dat Hy die bron van alle seëninge is en die almagtige Here van jou lewe?
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top