Vir elke geveg het God ‘n strategie. Dus, moenie
net bid oor die geveg nie, maar vra vir God om vir jou die wenstrategie te wys.
Die visie sal altyd groter wees as die een wat geroep is om dit uit te voer.
“As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou,
tevergeefs,” (Ps. 127:1). God weet watter vrag jy
benodig en hoe dit alles in jou lewe in mekaar steek.
praat het, maar jy is net bang om daarop te reageer? Die Een wat aan Gideon
gesê het: “Ek sal met jou wees” sê vandag ook dieselfde vir jou.
“Maar mense kritiseer my!” sê jy. Hulle
het vir Gideon ook gekritiseer. Daarom het God vir hom gesê: “Maar as jy
bang is om hulle aan te val, moet jy en jou slaaf Pura eers in hulle kamp
ingaan. Luister wat hulle sê, dan sal jy moed skep en hulle aanval,” (Rig.
7:10-11). God het Gideon afgestuur na die vyand se kamp toe om te hoor wat
hulle sê – om hom te bemoedig! Toe Gideon daar opdaag, het hy gehoor hoe ‘n
soldaat aan ‘n vriend vertel van ‘n droom wat hy gehad het: “‘Ek het
gedroom,’ het hy gesê, ‘daar kom ‘n ronde garsbrood in ons laer ingerol. Die
brood het tot by die tent gerol, daarteen gestamp en dit laat omval. Die brood
het die tent omgestamp en die tent het inmekaargetuimel.’ Die maat het
geantwoord: ‘Dit is beslis die swaard van die Israeliet Gideon seun van Joas.
God gee Midian en sy hele leër in Gideon se mag oor. Toe Gideon die droom en sy
uitleg hoor, het hy die Here gedank,” (Rig. 7:13-15).
Wanneer jy bemoediging nodig het, luister na wat
jou kritici sê! Dit is ‘n les wat jou
verryk. Jy maak ‘n verskil, anders sou hulle jou nie eers opgemerk het nie.
Laat hulle aanval jou geloof versterk en jou fokus verskerp. Jy moet besig wees
om iets reg doen om soveel aandag te trek!
© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za