Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Behou fokus (1)
Jy word slegs effektief deur selektief te wees. Dit is deel van ons menslike natuur om maklik aandag-afleibaar te wees. Ons is soos rondomtalies – ons draai in die rondte teen ‘n waansinnige spoed sonder om êrens te kom. As jy nie ‘n duidelike doelwit het nie, gaan jy aanhou om van rigting, werk, verhouding en kerk te verander, en heeltyd hoop dat hierdie verandering aan jou rus en vervulling sal gee. Jy dink: “Hierdie keer sal alles anders wees,” maar dit los nie jou werklike probleem – ‘n gebrek aan fokus – op nie.
Die krag van fokus kan met lig vergelyk word. Met sonstrale en ‘n vergrootglas kan ‘n papier aan die brand gesteek word. Wanneer lig nog meer gefokus word – as ‘n laserstraal – kan dit selfs deur staal sny. Niks is kragtiger as ‘n gefokusde lewe nie. Die manne en vroue wat die grootste verskil in die lewe gemaak het, was die meeste gefokus. Paulus het byvoorbeeld gesê: “Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is,”(Filip. 3:13, NAV). Paulus se doel was om Christus bekend te maak.
As jy dus wil hê jou lewe moet ‘n impak maak, begin om te fokus! Hou op met knoei. Hou op om alles te probeer doen. Doen minder. Draai jou rug selfs op die goeie aktiwiteite en doen slegs dié wat die meeste beteken. Moet nooit deurmekaar raak met aktiwiteit en produktiwiteit nie. Die digter, William Matthews het geskryf: “Een goedontwikkelde, verdiepte en vergrote talent is meer werd as ‘n honderd natuurlike, maar vlak vermoëns. Konsentrasie is die eerste wet vir sukses in hierdie tyd wat soveel goed veg om ons aandag te kry. Al ons energie moet gebuig word om op een punt te fokus, en dan moet ons direk na daardie punt toe werk sonder om links of regs te kyk.” Is fokus maklik of natuurlik? Nee, dit verg oefening wat elke dag herhaal moet word.