
In die 8 studies vir individuele of groepstudie in Al sou die vyeboom nie bot nie lei Riekert Botha gelowiges om die regte vrae te vra en versterk te word deur die kragtige antwoorde wat Habakuk destyds in verwondering oor God gelaat het.
Al sou die vyeboom nie bot nie bied die hele Habakuk uit die Nuwe Lewende Vertaling. Die onderafdelings word sinvol verdeel en bespreek. Daar is ook ruimte vir lesers om hul eie weergawe van Habakuk 3:17-19 neer te skryf. (Lees meer)




