
Die vyand weet wat jou Godgegewe potensiaal is, en is vasbeslote om jou te keer voor jy dit kan bereik. Gebed vorm egter ‘n hemelse skild om jou, moenie dit verwaarloos nie! Mense struikel wanneer niemand vir hulle voorbidding doen nie – selfs die apostel Petrus (Lukas 22:31). Baie mense glo dat húlle nie sal struikel nie, tog gebeur dit. Tensy jy erken dat jy altyd ‘n neiging tot die sonde sal hê, sal jy nie daaroor bid nie en so altyd kwesbaar vir die vyand se aanslag wees. Gedurende sy laaste ure het Jesus ook sy dissipels gewaarsku, ‘Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. ‘n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie.”‘
In The Message, som Eugene Petersen Christus se woorde só op: ‘Wees waaksaam, bly in gebed sodat jy nie in die versoeking kom sonder om eens te besef dat jy in gevaar is nie.’ Paulus skryf: ‘Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek… wanneer die Bose julle aanval sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan… Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei.’ (Efesiërs 6:13-18 NLV). Jy is die vyand se beste wapen teen jou! Jou ou sondige natuur moet elke dag gekruisig word. DÃt doen jy deur gebed. In God se teenwoordigheid sien jy jouself soos Hy jou sien. Wanneer jy berou toon, wys God jou tekortkominge aan jou, neem Hy jou sonde weg en versterk Hy jou. Wanneer jou gebedslewe struikel, verloor jy jou beskerming.
Dus, waak en bid gedurig!
Bron : Radiokansel