
“Die vliegtuig was oppad
Die vliegtuig het rondom die lughawe gedraai, terwyl noodpersoneel skuim op die aanloopbaan gespuit het, en brandweerwaens en ander noodvoertuie stelling ingeneem het. Intussen het die kaptein in ‘n kalm stem met die passasiers gesels. Die vlugpersoneel het bedaard deur die kajuit beweeg. Passasiers is gesĆŖ om hulle hande tussen hulle knieĆ« te plaas en net voor impak hulle enkels te gryp. Daar was trane, paniek en benoude uitroepe.
Toe daar net ‘n paar minute voor hulle landing oor was, het die vlieĆ«nier skielik aangekondig: ‘Ons begin met ons landing. Op hierdie oomblik is ek verplig om volgens die internasionale lugvaart-reglement van GenĆØve vir almal wat in God glo te vra dat julle asseblief moet bid.’ Op my erewoord! Dit is presies wat hy gesĆŖ het!” Wat is dus die boodskap hier? “Moenie roem oor wat jy mĆ“re verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie,” (Spr. 27:1, NAV). Lewe elke dag in die lig van die ewigheid.
Gryp elke oomblik en pers elke druppel daaruit. Geniet en bemin die mense wat saak maak.
Met ander woorde, voordat jy doodgaan – lewe!




