
Ons is in ‘n oorlog betrokke, maar baie van ons veg nie. As ons die ‘goeie stryd wil stry’ vir en met ons kinders, moet ons ons sake agtermekaar kry. Kinders volg maklik iemand wat deur sy voorbeeld wys hoe dinge gedoen moet word, en dit saam met hulle doen. Hanna, Eli se buurvrou, was so ‘n ouer. Sy was jare lank kinderloos en het ‘n gelofte aan God afgelê: ‘…as U …vir my ‘n seun gee, sal ek hom vir U teruggee. Lewenslank sal hy aan U behoort.’ (1 Samuel 1:11 NLV). Haar gebed is verhoor en Samuel, een van Israel se grootste profete, is gebore. Die Here het later aan Hanna nog kinders gegee ‘…Sy het …nog drie seuns en twee dogters in die wêreld gebring.’ (1 Samuel 2:21 NLV).
Die Here het geweet dat die vervulling van haar diepste verlange haar nie selfsugtig sou maak nie. Hanna het meer in Sy eer en voordeel as haar éie belanggestel. Kan God so op jou vertrou?
Bron : Radiokansel




