Oorkom jou verlede

illness1006

illness1006Ons het almal lewens-hoofstukke wat ons sou wou oorskryf. Dr Harold Bloomfield sê, ‘Onopgeloste emosionele kwessies verwoes die immuniteitstelsel, hartfunksie, hormoonvlak, en ander fisiese funksies. Ons moet met ons verlede vrede maak, want ons lewens kan letterlik daarvan afhang.’

Om jou verlede te oorkom, moet jy eerstens anders daarna begin kyk. Vra, ‘Hoe het dit my sterker gemaak? Wat weet ek nou wat ek nie tóé geweet het nie?’ Moenie op jou verliese fokus nie, fokus op wat jy behaal het.

Tweedens, moet jy die verskil tussen skuldgevoel en skaamte verstaan. ‘n Skuldgevoel beteken jy voel sleg oor wat jy gedoen het – dit is gesond; skaamte beteken jy voel sleg oor wat jy is – dis giftig en aftakelend. Ons sou almal onsself wou verander, maar toe God ons geskep het, het Hy gesê, ‘.en dit was goed in elke opsig’ (Genesis 1:31 NLV). Sien jouself dus soos Hy jou sien.

Derdens, hou op om jouself te straf met ‘as ek maar net’. Nadat hy erg gestruikel en God hom opgehelp het, het Dawid geskryf, ‘Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie…’ (Psalm 32 1-2 NLV). Vergewe jouself, God het dit alreeds gedoen want Christus het jou verlos (Ef. 1:7 NLV). Laastens, omskep pyn in gewin. Die helingsproses neem tyd en jy sál soms woede, vrees en hartseer ervaar. Moet egter nie aan hierdie gevoelens verknog raak nie; jy móét aanbeweeg. Jy kan nie agteruit die toekoms ingaan nie, en die toekoms wat God vir jou beplan, hou meer vreugde in as enige verlede wat jy kan onthou.

Bron: Radiokansel

Scroll to Top