
As ons besef dat God ons liefhet, al hou Hy nie van sommige van ons se houdings of dit wat ons doen nie, word dit makliker om ander lief te hê. Wanneer ons ons Skepper vra om ons Sy oë en Sy hart te gee, word dit makliker om ander lief te hê. “As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom… moet julle nie verwag om ‘n medalje vir goeie diens by God daarvoor te kry nie. Almal doen dit tog, ook die slegte mense wat hulle nie aan God steur nie.” (Luk 6:32 DB). As jy mense nie liefhet nie, het jy nie deel aan God se beste gawe nie.
Een Bybelkundige sê: “Moenie jouself diskwalifiseer van enige van God se seëninge nie. God is liefde, en wanneer jy liefde vrystel, stel jy God vry, en Hy word verantwoordelik vir die uitkoms. Stel liefde elke oomblik in elke situasie, gebed en gedagte vry.
Dit sal jou versterk en vrees uitdryf.”
Bron : Radiokansel



