Petrus het baie
opinies oor ander gehad. Miskien is jy soos hy. Een dag het hy by Johannes se
sake ingemeng en gesê: “Here, maar wat van hom?” Jesus het
geantwoord: “Wat gaan dit jou aan? Volg jy My.” Hierin lê ‘n
belangrike les opgesluit. Leer om te identifiseer “wat jy besit.” As
dit iemand anders se tuin is, laat hulle die gras sny of met die onkruid
saamleef. As iemand anders net hulle sin
kry deur die martelaar te speel of om op ander se skuldgevoelens te speel of
deur ander te manipuleer, is dit hulle eie saak; moenie dit joune maak nie! As
hulle met die gevolge leef is dit hulle gevolge, nie joune nie! As hulle hulle
probleme ontken of nie helder oor ‘n saak dink nie, is die deurmekaarspul hul
eie. Dit is wel jou verantwoordelikheid om hulle lief te hê en vir hulle te bid,
en selfs hulp aan te bied, maar dit is nie jou verantwoordelikheid om dit vir
hulle reg te maak of om hulle te red nie. As dit lyk asof hulle nie die vermoë
het om waardering te toon of ‘n jammer te sê nie, dan is dit hulle probleem.
Slegs as hulle ‘n dankbare en nederige houding aanneem en hulle foute erken,
sal hulle
groei. In die tussentyd bly dit hulle tuin – hou op om hulle gras te probeer
sny! As jou wense, jou vrede en jou geluk van enigiemand anders as van God
afhang, moet jy leer hoe om jouself los te maak daarvan. Jy is ‘n
mede-erfgenaam van Christus, nie ‘n medehuurder nie (sien
Het die idee al ooit
by jou opgekom dat God dalk net wag dat jy uit die pad uit kom sodat Hy in
hulle situasie
gaan werk? Die waarheid is dat jy geen mag oor hulle het nie, maar God het! Hy
mag dalk toelaat dat hulle struikel voordat Hy hulle weer oplig, maar Hy sal
doen wat reg is en wat die beste is.
Dus: Volg die Here – en sny jou eie gras!
© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)