Sien raak wat ander miskyk

face0611

face0611Die feit dat ons volgens God se beeld gemaak is, bied ons ongelooflike potensiaal. Maar soms verg dit ‘n “verstandige” man om “voordeel te trek” daaruit. Ons bestempel mense vinnig as arrogant, humeurig of swak. Maar met geestelike insig kan ons verby hierdie dinge kyk, en die hoop en vrees agter die gedrag raaksien.

Die mense wat vir Simon geken het, het sy reguit geaardheid en impulsiwiteit geken. Maar Jesus het iets anders raakgesien. Dit is hoekom Hy vir hom die naam Petrus gegee het – wat ‘rots’ of ‘steunpilaar’ beteken. Kan jy die ander dissipels se gesigte sien toe Jesus sê: “Jy is Petrus. Op hierdie rots sal ek my kerk oprig, en al die magte van die hel sal dit nie oorwin nie” (Matt 16:18 NLV)? Maar Petrus het ‘n steunpilaar geword, ‘n gerespekteerde leier en stigter van die kerk. En dit alles omdat Jesus verby die oppervlak gekyk het en sy ware karakter raakgesien het.

Ons het meer ouers nodig wat vir hul kinders bid, verby hul tekortkominge kyk en hul uniekheid raaksien; gades wat die versteekte skatte in hul metgeselle soek; besigheidsleiers wat hul werknemers met respek behandel; Christene wat onvolwasse jong gelowiges sal vergeef en reghelp; getuies wat die verlorenes deur Jesus se oë sal sien en sal herken wat Hy vir hulle kan doen. So vra God vandag om vir jou oë te gee wat raaksien wat ander mense miskyk.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top