“As ek aan ‘n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe”
Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is ‘n Christen, die ander ‘n Hindoe.
Die Hindoe meise is aan die woord; “Ek glo aan God en aan Jesus, maar ek wil nie ‘n Christen wees nie, want Christene is meer van ‘n pyn as ‘n vreugde. Ek kan nie wat hulle Sondae bely en die res van die week toepas bymekaar uitbring nie.”
“As dit is hoe Christene is, wil ek nooit een wees nie.”
Sjoe, my hart word sommer seer toe ek van die gesprek vertel word. Onwillekeurig dink ek aan hoe Jesus hierdie meisie sou hanteer het. Sou Hy ooit gedreig het met die hel? Sou Hy ooit dubbele standaarde gehandhaaf het. Ekskuus, ek bedoel om te sê: “Het Hy ooit so iets gedoen?”
Kom te dink daaraan, ek wil ook nie met sulke Christene geassosieer word nie.
Sondag in die manel, Maandag in die hel…
Om jouself die naam van Christen toe te eien, beteken dat jy ‘n volgeling is, ‘n dissipel, ‘n persoon wat sy eie lewe afgelê en as’t ware opgestaan het deur krag en nuwe persoonlikheid van Jesus. Iemand wat strewe om soos Jesus te wees.
Maar wat gaan jy vandag waarskynlik waarneem in jou werksopset. “Christene” wat mekaar beskinder, benadeel, veroordeel, op trap en vertrap, wat nog nie alles nie.
Ek weet ek stretch dit bitter vêr. En ek veralgemeen glad nie. Jy krimp dalk ineen as jy jouself in sulke situasies bevind en jy maar net jou kop laat sak.
Ek wil jou net een ding vra: “Sal jy Jesus se Koningkryk op aarde beskerm en vir enige ander persoon insluitende “Christene” wat oor jou pad kom, soos Jesus wees?
You’ll make Him so proud!
Johann