
Sommige mense kan God vertrou deur ‘n boek te lees, na ‘n preek te luister of na ander se ervaringe te luister. Maar my manier van leer is om Hom in geloof te gehoorsaam, en sodoende te leer dat ek Hom kan vertrou. Toe ek en my man byvoorbeeld besluit het om ons tiendes te begin gee (nadat ek dit jare lank nie wou doen nie), het ons gestaan en toekyk hoe God in al ons behoeftes voorsien het. Toe ek Sy opdrag gehoorsaam het om ‘n boek te skryf (al het ek nie geweet waaroor ek sou skryf nie), het God deure vir my oopgemaak.
Toe ons ingestem het om aan te neem, kon ons, ons twee dogtertjies sien floreer – met hoop vir die toekoms. Dis ‘n uitdaging om gehoorsaam te wees wanneer God nog nie gesê het hoe nie. Maar wanneer ons in geloof handel, kry Hy al die eer, omdat ons dan erken dat ons dit nie self sou kon doen nie.” So, neem vandag ‘n sprong in geloof.
Radiokansel



