
Toe hy ‘n bietjie later opgeneem is in die hospitaal en hulle ‘n scan op hom gedoen het, kom hulle agter dat die hoof slagaar uit sy nier geruk is! Niemand kan verstaan dat die jong man nie dood gebloei is nie!
Medies gesproke moes hy hom dadelik dood gebloei het! Al gevolgtrekking wat daar is, is toe die dame vir hom begin bid het, het sy nier in spasma gegaan en die are is toegedruk as gevolg van die spasma! En die bloeding kon nie plaasvind nie!
Die jongman het nou wel sy nier verloor, maar sterk goed aan in die hospitaal! Die belangrike les in die verhaal is, omdat die een enkele gelowige vir hom op die toneel gebid het, het God die wonderwerk laat plaasvind. Die bloeding is gestop! Die jongman se lewe is gered!
Dokters is verstom! Verpleegpersoneel en dokters wat toe die verhaal gehoor het, is diep aangeraak en almal se geloof is sommer weer versterk!
Ingestuur deur Louis van Niekerk
Mei 2009



