Moenie jou vrede verloor nie

peace0406

peace0406Die eerste ding wat jy verloor wanneer jy buite God se wil beweeg, is jou vrede. Moenie verder aanbeweeg sonder dat jy vrede het nie! Baie keer is vrede die enigste aanduiding of jy binne of buite Sy wil is.

Maar hoe verkry jy hierdie vrede? “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas” (Filippense 4:6-7 NLV). Deur te bid, gee jy al jou probleme oor aan God!

Petrus skryf: “Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir hulle om. Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle… Hom moet hulle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly” (1 Petrus 5:7-9 NLV). Moenie die duiwel ‘n kans gee om jou te oorrompel nie! Hoe langer jy wag voordat jy hom weerstaan, hoe sterker word sy houvas op jou. Wanneer kommer jou oorval, vra jouself af: “Wat probeer die vyand nou doen? Wat sal gebeur as ek toelaat dat hierdie negatiewe emosies die oorhand kry?” Paulus skryf: “Moenie… die duiwel so ‘n houvas gee nie…” (Efesiërs 4:27 NLV). Wanneer jy aangeval word, staan op God se Woord en verklaar: “Dit staan so geskryf!” Wat die vraag laat ontstaan – hoe goed ken jy God se Woord?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top