
Erken jou foute. Hoekom doen ons dit nie? Trots weerhou ons daarvan. Onsekerheid: ons eiewaarde is gebaseer op ons prestasies. Hardnekkigheid: ons weier om ‘n fout te erken en oor te begin. Hier is nuus vir jou: Mense ken reeds jou foute. Wanneer jy jou foute erken, is hulle verlig dat hulle kan ophou om voor te gee dat hulle nie daarvan geweet het nie.
Aanvaar foute as die prys vir vooruitgang. Leer om jou foute te sien as ‘n gesonde, onafwendbare deel van die pad na sukses. Niks in die lewe is perfek nie – ongelukkig nie eers jy nie!
Leer uit jou foute. Wanneer jy ten alle koste probeer om foute te vermy, sal jy nooit leer nie en dieselfde foute oor en oor maak. Outeur William Saroyan het opgemerk: “Ons kry bitter min wysheid deur sukses. Leer uit die wetenskap. Daar is foute altyd die voorganger van deurbrake.”
Bron : Radiokansel




