
Die volgende vrae word gewoonlik gevra:
(1) Is ek verantwoordelik vir my kind se keuses? Uiteindelik is die antwoord nee, maar soms tog ja! As jy wonder oor die geestelike welstand van jou familie, ondersoek eers jou eie hart en gedagtes.
(2) Maar my kinders is reeds volwassenes; is dit nie te laat nie? Nee, God se naam is “Verlosser”. Hy
(3) Maar wat as ek te bang is om ‘n kind in hierdie bose wêreld in te bring? Dit is juis die punt: kinders is die lig wat die duister verdryf. “Omdat hy geglo het, het Noag, toe God hom gewaarsku het oor wat nog nie gesien kon word nie, gehoorsaam en die ark gebou. Daardeur is sy huisgesin gered en die wêreld veroordeel. So het hy ‘n erfgenaam geword van die nuwe lewe in gehoorsaamheid aan God wat ‘n mens deur geloof ontvang” (Heb 11:7 NLV).
(4) Maar hoe ding ek mee met die negatiewe invloede rondom my? Dit is reeds telke male bewys dat ouers die grootste invloed het op hul kinders se karakter – groter as vriende, skole of enige vorm van die media.
Kopiereg 2009 Radiokansel



