
Terwyl Josua se lewe ten volle aan God gewy was, was die ouderlinge net gedeeltelik aan Hom gewy. En die resultaat? Hulle seuns en dogters het met mense in die buurstede begin trou en hulle sondige lewens begin aanneem. “Die volgende geslag het nie die Here geken nie hulle het die Here getart. Hulle het nie hulle verkeerde dade en hulle hardkoppigheid laat vaar nie,” (Rig. 2:10-12,19, NAV).
Wat het die geestelike waardes van hulle kinders gevorm? Die kompromie van hulle ouers! Dit word die afvalligheid van die nageslag genoem. Dit help ons om te verstaan hoe ons ouers ons gevorm het, en voorspel hoe ons verpligtinge, of die tekort daaraan, ons kinders sal vorm. Ouer, jy kry die eerste geleentheid daartoe. Gee jou kinders so vroeg as moontlik diep geestelike wortels. Dan kan hulle wanneer hulle rebelleer, terugkeer na die herinneringe en waardes. Moet hulle nie net van God vertel nie, maar wees daagliks die model van ‘n Christelike leefstyl!
© Radiokansel (www.radiokansel.co.za)



