Vir die eerste keer is die oorspronklike Griekse teks van die Nuwe Testament toeganklik vir Afrikaanse lesers. Hierdie unieke Bybel bied die volledige Griekse teks, ’n transkripsie van die Grieks om lesers te help met die uitspraak en ’n woord-vir-woord Afrikaanse vertaling van die Grieks. Die bekende 1983-vertaling is ingesluit om te help met die vergelyking van die teks, en ’n splinternuwe Direkte Vertaling sal nuwe wêrelde oopmaak vir Afrikaanse lesers. (
Lees meer166.65 KB)





