Humor 01/11/13

011113 8279d

011113 8279dRaad oor die huwelik uit die mond van die suigling :
Hoe besluit jy met wie om te trou? 
Jy moet iemand soek wat van dieselfde goed as jy hou. Soos bv. as jy van sport hou moet sy daarvan hou dat jy van sport hou en die chips en dip bly aandra.  (Alan, 10)

Geen mens besluit regtig voor hulle groot is met wie om te trou nie. God besluit dit lank voor die tyd, en jy vind eers later uit met wie jy sit..  (Kirsten, 10)

Hoe kan ‘n vreemdeling getroude paartjies uitken?

Jy sal maar moet raai, maar kyk of hulle op dieselfde kinders skree. (Derrick, 8)

Wat is die regte ouderdom om te trou? 

Drie en twintig – want dan ken jy die persoon vir ‘n ewigheid.   (Camile, 10)

Geen ouderdom is ‘n goeie ouderdom nie. Jy moet simpel wees om te trou (Freddie, 6)

Wat dink jy het jou ma en pa in gemeen?
Nie een van hulle wil nog kinders hê nie. (Lori, 8)

Wat doen meeste mense as hulle uitgaan?
Uitgaan is vir die plesier en mense moet dit gebruik om mekaar beter te leer ken. Selfs seuns het iets om te sê as jy lank genoeg luister.  (Lynette, 8)

As mense die eerste keer uitgaan vertel hulle vir mekaar ‘n klomp leuens wat hulle genoeg interesseer om weer uit te gaan. (Martin, 10)

Wat sal jy doen as jou eerste afspraak skeef loop?
Ek sal huistoe hardloop en maak of ek dood is. Die volgende dag sal ek al die koerante bel om seker te maak dat hulle oor my skryf in die doodsberigte. (Graig, 9)

Wanneer kan jy iemand soen?
As hulle ryk is.  (Pam, 7)

Die wet sê jy moet 18 wees en ek gaan nie daarmee stry nie. (Curt, 7)

Die reël sê as jy iemand soen, dan moet jy met haar trou en kinders hê. Dis die regte ding om te doen. (Howard, 8)

Is dit beter om te trou of moet mens alleen bly?

Dis beter vir meisies om alleen te bly maar seuns het iemand nodig om agter hulle aan te loop en skoon te maak. (Anita, 9)

Hoe sal die wêreld anders wees as mense nie getrou het nie?

Daar sal vir seker ‘n klomp kinders wees wat verduidelikings soek (Kelvin, 8)

Hoe sal jy ‘n huwelik laat werk?

Vertel vir jou vrou dat sy mooi lyk al lyk sy soos ‘n lorrie. (Kelvin, 8)  

Long Marriages

On their 50th wedding anniversary and during the banquet celebrating it, Tom was asked to give his friends a brief account of the benefits of a marriage of such long duration.

“Tell us Tom, just what is it you have learned from all those wonderful years with your wife?”

Tom responds, “Well, I’ve learned that marriage is the best teacher of all. It teaches you loyalty, meekness, forbearance, self-restraint, forgiveness – and a great many other qualities you wouldn’t have needed if you’d stayed single.”

Scroll to Top