Hou hoop lewendig

ice

iceSir Ernest Shackleton het in 1914 probeer om Antarktika oorland te deurkruis. Sy skip, die Endurance, het egter in die ys vasgesit en is verpletter. Shackleton en die 27 bemanningslede was 1,200 myl van die beskawing gestrand. Hulle het op ysskotse gedryf met net drie reddingsbote, ‘n paar tente en baie min voorrade. Die groep het uiteindelik op ‘n klein eiland beland, waar die bemanning gewag het terwyl Shackleton en ‘n paar ander ‘n seetog van 800 myl na ‘n walvisstasie aangepak het. Shackleton het wel teruggekeer, en almal het die 18 maande-lange ontbering oorleef. Shackleton het gesorg dat hulle nie moed verloor nie. Eerstens, was hy die toonbeeld van optimisme. Hy het optimisme as wáre moed beskou en vas geglo dat almal sóú oorleef. Sý optimisme het na almal versprei.

Tweedens, het hy die bemanningslede laat voel dat húlle tel. Hy het hulle raad gevra en so laat voel dat hulle deel van die oplossing is. Derdens, hy het hulle aangemoedig. Hy het humor gebruik en ‘n lighartige atmosfeer geskep. Shackleton het besef dat ‘n ligte luim onder uiterste omstandighede, vrees kan verdryf, konsentrasie kan aanwakker, energie kan verskaf en mense kan help om struikelblokke te oorkom.

Een van die min items wat Shackleton van die skip kon red, was ‘n banjo. Hy het dit spesifiek gered sodat die bemanning musiek kon maak. Shackleton was ‘n uitstaande voorbeeld van hoe een persoon hoop lewendig kan hou. As iemand midde in ‘n netelige situasie is, kan jou sagte, liefdevolle woorde, jou vertroue in hom of haar, en jou vermoë om die las ligter te maak, sy of haar hoop lewendig hou

Bron: Radiokansel

Scroll to Top