
Wanneer ons iemand aan die dood afgee, of ‘n finansiële ramp ons tref, wonder ons dikwels ‘Waar is God dan? Gee Hy ooit om?’ Ons kan enigiets denkbaar verdra, solank ons net weet dat Hy by ons is.
God het in die brandende besembos aan Moses gesê wie Hy is, ‘Ek is…’ (Eksodus 3:14 NLV). Dít is steeds so. Hy is nog steeds dieselfde teenswoordige tyd ‘Ek is’ God. Jesus het gesê, ‘…nog voordat Abraham bestaan het, was Ek al wat Ek is.’ (Johannes 8:58 NLV). God het nie hulpmiddels nodig om die toekoms te voorspel, óf die verlede te sien nie. Hy ‘bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd’ (Hebreërs 13:8 NLV). Hy is steeds daar in die leeukuil, in die brandende oond, by troues, begrafnisse, gebroke gesinne, in hospitaal kamers, by bankrot sakeondernemings en in tronkselle. Hy sê steeds ‘Ek is – altyd by jou’. Luister: ‘”Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie…” sê die Here wat jou liefhet.’ (Jesaja 54:10 NLV). Let op. Hy ís dáár by jou. Hy wás nog die hele tyd dáár!
Bron : Radiokansel




