Ons almal het al ‘n lang ent moes travel. Bybelsetyd het die manne by ‘n oase gestop, oujare sommer langs die pad vir lekker padkos en vandag sleep ons gou in by ‘n Ultra-City of iets. Rus bietjie en rek die bene vir die res van die tog. Trek vandag af by Mat 11:28, God gaan jou rus en vrede gee en “petrol” vir die ent pad verder.


