Die Psalmdigter sê: “U sluit my in… U hand van seën is op my. Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk. Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teenwoordigheid te ontvlug? Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar!” (Psalm 139:5-10 NLV).
God se genade is wonderlik! Petrus het gesê: “Hy wag geduldig…Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom” (2 Petrus 3:9 NLV).
God sal jou tot by die eindhoeke van die aarde volg om jou nog ‘n kans te gee om jou lewe vir Hom te gee.