
1) in plaas daarvan om die Nuwe-testamentiese beloftes te glo, sê ons dat God nie meer wonderwerke doen nie,
2) ons regverdig onderlinge verdeeldheid as ‘lojaliteit teenoor ons denominasies’,
3) ons verkondig Christenskap as die vermyding van sekere dinge. Gevolglik gee ons ons vreugde prys, want gemeenskap met Christus kan nie verdien word nie,
4) baie van ons geestelike leiers vergeet dat Jesus voete gewas het en op ‘n donkie gery het,
5) in plaas daarvan om ons rykdom aan te wend om mense vir Christus te wen en vir die armes te sorg, gaar ons dit op vir onsself,
6) ons frons wanneer iemand byderwetse metodes gebruik om die jonger generasie te bereik. In plaas daarvan om die jeug te betrek, sku ons van hulle weg. Hoekom kan ons nie ook soos die martelaars van ouds glo nie? Ons kan – as ons gewillig is om die prys te betaal.
Radiokansel




