ImageDaar is ‘n bekende uitdrukking: Elke mens het sy prys. Tog is dít waarteen ons moet stry as ons ‘n standvastige karakter wil bou – om nie “te koop” te wees nie, ten spyte van dit wat aangebied word. Dis moeilik om die regte ding te doen wanneer (a) dit jou iets kos; (b) dit meer moeite is; (c) niemand behalwe jy sal weet nie. Op sulke tye word jou karakter sterker. Dr. Martin Luther King Jr. het gesê: “Papbroeke vra: ‘Is dit veilig?’ Lamsakke vra: ‘Is dit gewild?’ ‘n Onwankelbare karakter vra: ‘Is dit reg?'”

Tydens die finaal van die Amerikaanse Gholftoernooi het Bobby Jones se bal op die ruveld, net af van die skoonveld af, geland. Toe hy sy hou opstel om verder te speel, het hy per ongeluk sy bal beweeg. Hy het dadelik die veldbeampte in kennis gestel daarvan en ‘n fout aangeteken. Niemand het egter die bal sien beweeg nie en hulle het die keuse aan Jones oorgelaat of hy ‘n strafhou wou slaan. Hy het. Later het iemand sy integriteit geprys, waarop Jones geantwoord het: “Prys jy ‘n bankrower as hy nie ‘n bank beroof nie? Nee! Gholf moet altyd op hierdie manier gespeel word.” Jones het daardie dag verloor – met net een hou, maar hy het sy integriteit behou. Hierdie eienskap van hom was so beroemd, dat die Amerikaanse Gholf Vereniging se sportmanskaptoekenning na hom vernoem is – Die Bob Jones Toekenning.

Doen vandag die regte ding en hou aan daarmee. Selfs as dit jou nie dadelik gaan help om te vorder nie, sal dit jou op die ou end bewaar en red. Soos die Psalmdigter dit gestel het: “Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam,” (Ps. 23:3, NAV).

Scroll to Top