Doel

2012-10-25 223617

2012-10-25 223617Daar’s ‘n ou gesegde wat lui: ‘As jy jou werk liefhet, sal jy nooit in jou lewe werk nie.’ Dis darem nie heeltemal waar nie. Die meeste mense werk hard. Selfs al is hulle lief vir hul werk, moet hulle steeds goed doen waarvan hulle nie hou nie. Dis dalk meer korrek om te sê as jy iets doen waarin jy glo, sal jou harde werk werklike bevrediging gee.

Die romanskrywer Ursula K. Le Guin het gesê: ‘Dis goed om na ‘n eindbestemming te reis, maar dis die reis wat op die einde tel.’ Sommige mense ly aan ‘bestemmingsiekte.’ Hulle dink dat ‘n bepaalde bestemming in hul lewe vir hulle geluk gaan bring. Wat ‘n jammerte. Want in werklikheid gebeur is dat ons dikwels by die bestemming ontdek dat ons nie ons verwagting bevredig het nie.

As jy gefikseer raak op ‘n bestemming, loop jy die groot dinge op jou pad mis. Jy mis die vreugde van vandag. Indien jy oortuig is ‘eendag’ gaan jou beste dag wees, gaan jy nie genoeg in vandag belê, of daaruit put nie. As jy nie iets betekenisvols met jou lewe doen nie, is dit van geen belang hoe lank jy leef nie. Dis nie voldoende om net te oorleef nie; jy het ‘n rede nodig om te leef. Dis waar Christus tot jou redding kom: Hy gee jou nuwe lewe, en maak jou lewe sinvol. Hy gee ook vir jou die krag om dit in vervulling te bring.

D. L. Moody het op ‘n keer gesê: ‘Gee jou lewe vir God; Hy kan meer daarmee vermag as jy.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top