Dis waarvoor jy geroep is

calling210113

calling210113Daar is ‘n storie oor ‘n luitenant wat vrywilligers vir ‘n gevaarlike missie wou hê: “As jy kans sien, tree vorentoe.” Almal kyk om hulle rond en gee dan saam een tree na agter terwyl hulle ‘n niksvermoedende “vrywilliger” alleen laat staan.

God wil nie “onwillige vrywilligers” hê nie. Jesus het gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie-ek prysgee, elke dag julle kruis opneem…”

Hy wil mense hê wat bereid is om hul gemaksones te verlaat; om hul verwagtings op te gee dat die lewe volgens hul voorwaardes gelewe word; om alles op te offer vir mense wat dalk nooit sal weet hulle het dit gedoen nie; om die prys te betaal sodat God se doelwitte bereik kan word. En wat meer is, Hy verwag van ons om dit “daagliks” te doen.

Toe Jesus gesê het, “… jy kan nie my dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra nie”, het Hy ons nie gevra om iets te doen wat Hy nie gedoen het nie.

Johannes sê: “Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.” (1 Johannes 3:16).

Is jy bereid om “elke dag op die randjie van die dood te lewe”? (1 Korintiërs 15:31 NLV). As jy mooi daaroor dink, besef jy dis moeiliker as die fisiese dood, want dit beteken dat jy jouself ontken en God gehoorsaam selfs al stuit dit jou teen die bors. Dit is waarvoor jy geroep is!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top