
Dis makliker om etikette aan mense te hang as om hulle lief te hê. Ons plak etikette op dinge omdat ons dink ons weet wat daarbinne is, en ons doen dieselfde met mense. Ons sal eerder debatte oor homoseksualiteit voer as om vriendskap aan ‘n gay persoon te betoon, egskeiding afkeur as om die slagoffers te help, oor aborsie argumenteer as om ‘n kinderhuis te ondersteun, of oor die maatskaplike diens kla as om armes te help. Jesus het egter die blinde man as ‘n geleentheid en nie ‘n slagoffer van die noodlot nie beskou. Hy het gesê, ‘…”…hy is blind sodat God se werke in hom sigbaar kan word.”‘ (Johannes 9:3). As jy mense nie liefhet nie, het jy God nie lief nie. Inderwaarheid ken jy Hom nie eens nie! Bid so, ‘Here, herinner my dat U liefde die grootste geskenk is wat ek aan ander kan gee.’ Mense sal so God se hulp en genesing ervaar.
Bron : Radiokansel



