
Hierdie kommentaar is anders in dié sin dat dit groot geloofsake as geheel in elke Evangelie en Handelinge behandel. Adrio König ondersoek ’n wye verskeidenheid geloofstemas soos dit in dié Bybelboeke voorkom, onder andere:
- Die gesamentlike boodskap van die Evangelies
- Ooreenkomste tussen die Evangelies
- Vervulling van profesieë
- Die verhouding tussen Jesus en die Vader
- Die lyding van Jesus
- Die doop
- Hemel, hemelvaart en wêreldbeeld
Die Groot Geloofskommentaar ondersoek geloofsinligting op elke groot geloofstema en die onderwerpregister vergemaklik naslaan. Hierdie kommentaar is vir elke gelowige wat die Evangelies en Handelinge met insig wil lees. (lees meer)




