Die eer van God is weggevat

ark1707

Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger vrou, met die aanhoor dat haar skoonpa en man gesterf het, begin kraam en bring n seun in die wêreld wat sy “Ikabod” doop. Ikabod beteken “Die eer is weggevat uit Israel”

Alles het gedraai om die ark. Jy het nie gemors met die ark nie. God se teenwoordigheid was in daardie ark.

Die Filistyne het seker gedink dat die eienaarskap van die ark hulle sal bevoordeel. Dat guns by die draer van die ark rus. Dalk het hulle die ark as n trofee beskou. Hulle het die ark langs hulle god, Dagon, gesit.

Elke oggend as hulle egter daar gekom het, het Dagon voor die ark gelê. (Ek wonder so in my enigheid hoeveel van die outjies wat in Dagon se tempel gewerk het, raas gekry het oor die standbeeld wat omgeval het.) Verder het die Here die Filistyne gestraf met siektes en naderhand het die Filistyne besef, daai ark is “bad news”. “Wat moet ons doen”, was die vraag aan die Filistynse priesters. “Gee eer aan God”, was die antwoord.

Vandag het ons nie meer die ark van God tussen ons nie. Ons het wel die God van die Heelal tussen ons. Die Heilige Gees wat in ons woon. Ek sidder as ek dink hoeveel oneer ek al Sy tempel, wat in elkeen van Sy kinders teenwoordig is, aangedoen het. Ek prys God vir Sy genade om my te vergewe.

Opnuut besef ek vandag die verantwoordelikheid wat ons het. Die verantwoordelikheid om heilig te lewe. Die Woord sê nie verniet “Wees heilig, want Ek is Heilig” nie.

Laat ons waak dat ons lewe vandag uitroep : “Ikabod

Johann

Scroll to Top