Werk aan die innerlike jy (2)

paul1404

paul1404God het die profeet Samuel gestuur om Israel se volgende koning te soek. Samuel het ‘n indrukwekkende man gesien en gedink: “hy moet seker die een wees.” Maar God se maatstaf is anders: “…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelinge” (1 Samuel 16:7 NLV). Paulus moes saamlewe met die kritiek dat sy uiterlike nie so indrukwekkend was nie: “…is hy maar onindrukwekkend” (2 Korintiërs 10:10 NLV). Sy liggaam was nie net besig om te verouder nie; hy is geslaan, gestenig, uitgehonger en opgesluit. Maar dit het hom nie veel gepla nie, want hy het besef dat dit sy innerlike was wat getel het. Die teenoorgestelde was besig om in sy innerlike te gebeur as wat besig was om met sy uiterlike te gebeur. Innerlik was hy vol lewe, besig om te groei en sterker te word, terwyl hy uiterlik besig was om te vergaan. Hy was vol vreugde en hoop, selfs in die tronk, want hy het besef dat sy innerlike begin lewe, terwyl hy besig was om te sterf.

Paulus het sy innerlike groei bemeester en sy gedagtes het gedurig hemelwaarts gekeer. As ‘n ou man in die tronk, was hy meer lewendig as ooit tevore. Hy het geskryf: “Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?” (Romeine 8:35 NLV). Moeilikheid en swaarkry kan maklik die oorhand oor die uiterlike kry, maar jy het ‘n innerlike wat onaantasbaar is. Dit is die deel waaraan jy aandag moet gee, want dit is hier waar jy kan wen!

Bron Radiokansel

Scroll to Top