Wees gewillig om klein te begin!

readingbible030310

readingbible030310DL Moody het ‘n spreekbuis vir God geword en nasies verander. Maar as jy hom vroeër in sy lewe geken het, sou jy dit nooit kon glo nie. Alhoewel hy in ‘n kerkomgewing grootgeword het, was hy geestelik arm. In April 1855 het ‘n Sondagskoolonderwyser hom, in die skoenwinkel waar hy gewerk het, na Jesus toe gelei. ‘n Maand later het hy aansoek gedoen om lidmaat by die kerk te word, en dit was duidelik dat hy niks van die Bybel af geweet het nie. Een van sy onderwysers sou later sê: “Ek het nog nooit iemand ontmoet wat minder waarskynlik ‘n Christen sou word of iets van waarde vir die publiek sou doen nie.” Hulle het hom gevra om vir ‘n jaar lank die Bybel te bestudeer. ‘Die volgende jaar, tydens sy onderhoud met die lidmaatskapskomitee, was sy kennis van die Bybel net effens beter. Hy kon beswaarlik lees en sy grammatika was skokkend. Niemand het gedink dat God hom ooit sou gebruik nie, maar almal was verkeerd. So is diegene wat reken dat jy nooit iets vir God sal beteken nie, is ook verkeerd!

Elke boom begin as ‘n klein saadjie. Jesus het in ‘n stal begin, maar het beslis nie daar gebly nie. Dawid was ‘n skaapwagter, maar het Israel se vernaamste koning geword. Josef was ‘n gevangene, maar het ‘n heerser geword. Weet dat jy ‘n saadjie is wat in staat is om ‘n groot oes vir die Here te word. Neem dus alles wat jy het en alles wat jy is; plaas dit in God se hande en wees bereid om klein te begin.

Bron: Radiokansel

Scroll to Top