Wat is jou visie (2)

churchill0305

churchill0305Struikelblokke kan net jou droom vernietig indien jy dit toelaat. Winston Churchill het Engelse troepe in die oorlog aangespoor met die bekende woorde: “Moet nooit opgee nie! Moenie ooit opgee nie! Moet nooit ooit opgee nie!” Struikelblokke is onvermydelik; om op te gee as gevolg van die struikelblokke is ‘n keuse! Wanneer jy in die geloof wandel en weier om tou op te gooi, gee God vir jou die versekering dat struikelblokke nie sal keer dat jou drome bewaarheid sal word nie. Hoewel hulle in slawerny verkeer het, het die Israeliete die krag ontvang om die aanslae van die Egiptenaars te oorkom. Dit staan geskrywe: “Hoe swaarder die Egiptenaars hulle egter laat werk het, hoe vinniger het hulle meer geword en so net al sterker” (Eksodus 1:12 NLV). Paulus het gesê: “Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie” (2 Korintiërs 4:8-9).

Josef se pad tot by die troon was lank en moeilik, besaai met verraad, vervolging en eensaamheid. Sy droom was jare lank onvervul, en tog het hy nooit opgegee nie. Toe hy uiteindelik eerste minister van Egipte geword het, het hy vertel hoe God sy droom bewaarheid het: “God het my vrugbaar gemaak in die land van my swaarkry” (Genesis 41:52 NLV).

Josef het geweier om op sy droom op te gee; dit is wat hom aan die lewe gehou het. Hy het geleenthede gesoek binne sy struikelblokke, en God het hom vrugbaar gemaak – nie deur hom die leed te spaar nie, maar om hom daarin tegemoet te kom – “in die land van my swaarkry.” Jou struikelblokke kan God nie keer nie; moet ook nie dat hulle jou keer nie!

Bron Radiokansel

Scroll to Top