
Visioene kom met struikelblokke en geleenthede! Nadat hy jare lank in Amerika gewoon het, het Raymond Dawson sy Engelse grootouers se landgoed geërf. Daar aangekom, het hy ‘n vervalle plaashuis en lande vol klippe aangetref. Teleurgesteld, het hy besluit om vir ‘n laaste keer oor die waardelose grond te stap voordat hy sou terugkeer Amerika toe. Toe hy in die verste hoek van die plaas opeens ‘n stroompie water sien opborrel uit die grond, het hy ondersoek ingestel en ‘n warmwaterbron ontdek. Vandag is hy die trotse eienaar van ‘n winsgewende vakansie-oord, reg daar waar hy teleurstelling in die oë gestaar het! Wanneer jy vir God vra vir ‘n visioen, gaan jy waarskynlik etlike verskuilde geleenthede kry om dit te vervul. God gaan dan toekyk hoe jy met toewyding en geduld die struikelblokke bestuur!
Bron : Radiokansel



