Wanneer jou planne belemmer word

Article Image

Article ImageProbeer jy iets doen wat jy glo God se wil is, maar die een struikelblok na die ander verhinder jou? Jy is nie alleen nie – Paulus het dit ook ervaar! Die Engelse woord ‘hindered’ is afkomstig van die Griekse woord ‘egkopto’, wat gebruik word om ‘n pad te beskryf wat só agteruitgegaan het dat dit onbegaanbaar is. Jy ry op so ‘n pad, net om op ‘n stadium te besef dat jy sal moet omdraai om ‘n ander roete te soek.

Maar die woord ‘egkopto’ word ook in ‘n atletiek-konteks gebruik: dit beeld die oomblik in ‘n wedloop uit wanneer een atleet langs ‘n ander inskuif en hom letterlik met die elmboog uit die pad stamp. Paulus het Satan se taktiek goed verstaan. Hy sal nie alleen net struikelblokke op jou pad plaas nie; Hy sal ook probeer om jou uit die wedloop te stamp. As dit beskryf wat op die oomblik in jou lewe aangaan, moenie bekommerd wees nie – die storie is nog lank nie klaar nie! Op die regte tyd, het Paulus ‘n manier gevind om by die gemeente in Tessalonika uit te kom. ‘n Deur sal ook vir jou oopgaan! Die duiwel het nooit die laaste sê nie, en hy sal ook nie die laaste sê in jou situasie hê nie. Ongeag wat hy probeer doen, onthou dat al God se beloftes waar sal word want niemand wat in Hom glo sal teleurgesteld word nie.

Bron Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top