
Om sukses met enigiets te behaal, moet ons eerstens ons vertroue op God plaas. Ons moet glo dat Hy ons sukses op die hart dra. Ons mag dalk misluk op die pad na sukses, maar as ons op God vertrou, sal Hy ook die mislukkings tot ons voordeel gebruik, en tot Sy eer (Rom 8:28).
Soms word ons vertroue geskud wanneer ons beproef word, veral as dit langdurig is. In sulke tye moet ons by Dawid leer: “…Maar Dawid het by die Here sy God krag ontvang” (1 Sam 30: 6 NLV). Toe niemand anders in Dawid geglo het nie, het hy in homself geglo. Hy het ook geglo in God se vermoë om deur hom te werk. Een vrou het geskryf: “Die Here het vir my gesê dat as ek nie in myself glo nie, ek in werklikheid ook nie in Hom glo nie. Hy het gesê: ‘Ek is in jou, maar kan net deur jou doen wat jy glo Ek kan.'”
Bron: Radiokansel




