Julle huweliksbeloftes het in duisend skerwe gespat. Julle het nie meer respek vir mekaar nie. Is herstel moontlik? Waag dit om lief te hê! sal julle huwelik ingrypend verander. Kies om mekaar te vergewe. Kies om te verander.
Die 40 uitdagings gaan baie van julle verg, maar die resultate sal julle verstom. Maak vandag die keuse en kry die huwelik waarna julle nog altyd gesmag het.