
Die eerste ding wat ons van God in die Skrif lees, is dat Hy beweeg (gesweef) het. As dit jou voorneme is om saam met God te beweeg, moet jy twee dinge oorkom. Eerstens, oorgerustheid. Wetenskaplikes het ‘n amoeba (eensellige organisme) in ‘n stresvrye omgewing geplaas. Die omstandighede was ideaal, maar die organisme is dood. Hoekom? Omdat verandering en uitdaging net so nodig is as voedsel en water. Oorgerustheid kan doodmaak! Tweedens, moenie aanhou kla nie. Die Israeliete het voortdurend gekla en die goedheid van God misken. Daarom dat hulle vir 40 jaar in die woestyn moes rondswerf: ‘Al hierdie dinge het met hulle gebeur …om ons te waarsku …’ (1 Korintiërs 10:11 NLV). Twee skoolkinders het hulle kospakkies oopgemaak. Een het begin kla, ‘Al weer hamtoebroodjies? Ek is nou moeg daarvan!’ Die maatjie het gesê, ‘Hoekom vra jy nie jou mamma vir iets anders nie?’ ‘My mamma?’ het die eerste kind geantwoord. ‘Ek sal sommer sélf my broodjies maak. ‘
Beweeg sáám met God!
Bron: Radiokansel (Inhoud aangepas)




