Ai, dis soms darem maar lekker om ‘n storie bietjie lyf te gee, bietjie aan te dik. Bietjie juice hier by en daar nog so paar nulle aanlas, dan klink dit darem alte spoggerig. Nee man, jy werk nie vir die Huisgenoot nie, hou dit oorspronklik, die waarheid vertel makliker en dis makliker om te onthou as jy dit wéér eendag moet vertel (Ef 6:14)


