
Toe gebeur daar iets. Alleen, op ‘n donker nag, het Jakob ‘n ontmoeting met God gehad. Luister: “Hy het alleen agtergebly. Dáár kom hy ‘n man teë wat tot dagbreek met hom worstel… Toe sê die man: ‘Los my, want dit word dagbreek.’ Uitasem sê Jakob: ‘Ek sal jou nie laat gaan nie tensy jy my seën.’ ‘Wat is jou naam?’ sê die man. Hy antwoord: ‘Jakob.’ ‘Jou naam sal nie meer Jakob wees nie,’ sê die man vir hom. ‘Van nou af is dit Israel, want jy het met God en mens geworstel en volhard” (Gen 32:14 & 26-28 NLV).
Dit is belangrik om te verstaan dat dit wat jy doen, nie bepaal wie jy is nie. Soek God se geselskap op, en Hy sal vir jou sê wie jy is! Grawe jouself in Sy Woord in, en Hy sal jou ware identiteit en roeping aan jou bekend maak. Hy sal vir jou wys dat jy die kop is en nie die stert nie (Deut 28:13); deel is van Sy uitverkore volk (1 Pet 2:9); meer as ‘n oorwinnaar (Rom 8:37); deel van ‘n koningkryk van priesters (1 Pet 2:9); ‘n burger van ‘n nasie wat die Here dien (Eks 19:6). Wend jou tot God om jou ware identiteit te ontdek. Hy alleen weet alles van jou af!
Bron : Radiokansel



