
Waar kom ons in die eerste plek aan die idee dat ons nie kan verander nie? Waar kom stellings soos “Dit is my geaardheid om bekommerd te wees,” of “Ek is pessimisties gebore”, vandaan? Wie sê so? Sou ons so redeneer oor ons liggame? “Dit is in my natuur om ‘n gebreekte been te hê. Ek kan niks daaromtrent doen nie.” Natuurlik nie! As ons liggaam wanfunksioneer, soek ons hulp. Behoort ons nie dieselfde te doen met ons geestelike en emosionele gesondheid nie? Jesaja skryf: “Ons is soos klei en U is die Pottebakker”. God raadpleeg nie jou verlede om jou toekoms te bepaal nie. Soos die pottebakker, kan Hy jou vorm, tot Sy eer.
In sy boek, Just Like Jesus, skryf Max Lucado: “Net so min as wat ‘n ma haar huilende kind onaangeraak kan laat, kan God jou lewe onveranderd laat.” Miskien verduidelik dit die ongemak waardeur jy op die oomblik worstel!
Bron: Radiokansel




