
‘n Pastoor het gesê: “Hierdie storie het nie werklik by my aanklank gevind totdat ek jare lank in die bediening was nie. Ek het verby soveel mense geloop wat my hulp nodig gehad het, maar ek was so behep met kerkaktiwiteite dat die gebroke siele langs die pad beswaarlik in my program ingepas het. Liefde is nie goed-georganiseerd nie. Hierdie man in pyn kon nie drie weke wag vir ‘n afspraak, of vir die Samaritaan om ‘n bediening te begin om soortgelyke slagoffers te versorg nie.”
Die mees bevredigende ervarings kom selde netjies verpak. Dit kom in onverwagte besoeke en op kritiese tye in die lewens van jou gemeentelede. Mense wat dalk nie jou laaste preek onthou nie, sal jou presies kan vertel wat jy vir hulle in die hospitaal of oor ‘n koppie koffie gesê het, want dit het hulle persoonlik geraak. Hoe aanloklik ook al, kan jou werk vir die groter gemeente nie regverdig dat jy die enkelinge oorslaan nie. Jesus het gesê: “As iemand 100 skape het en een van hulle raak weg… sal hy nie… die wegloop-een gaan soek nie?” (Matt 18:12 NLV). Toe Petrus gesê het: “Ja, Here, U weet mos dat ek U liefhet”, het Jesus geantwoord: “Wees ‘n herder vir my skape.” (Joh 21:16 NLV).
Bron : Radiokansel



