Kom kyk self

binoculars190210

binoculars190210Vir Johannes en Andreas was dit nie genoeg om net na Johannes die Doper te luister nie. Sou daar dan ‘n beter leermeester kon wees? Ja. En toe Johannes en Andreas vir Jesus ontmoet, die Een waaroor Johannes die Doper gepraat het, het hulle hom verlaat en Jesus gevolg. Hulle het vir Hom gevra: “… ‘waar gaan U tuis?’… ‘Kom kyk self en julle sal sien.’ Hulle het toe gegaan en… by Hom gebly” (Johannes 1:38-39 NLV). Hulle wou Jesus in Sy wese leer ken. Hulle wou in Sy teenwoordigheid wees en in Sy voetspore volg. Hulle wou weet of Hy regtig was wie Johannes gesê het Hy was, en wat Hy sou doen. Hierdie vrae kon slegs beantwoord word deur tyd saam met Hom deur te bring. Jesus se antwoord aan die dissipels was: “Kom kyk self.” Wat moes hulle sien?

1) Sien hoe Hy mag hanteer. Jesus het nie een keer Sy krag gebruik om ander te beïndruk of om Homself te verryk nie.

2) Sien hoe Hy mense hanteer. Hy het hulle nie beskou as lastige onderbrekings, irritasies of struikelblokke op Sy pad na persoonlike vervulling nie. Nee, “Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid” (Matteus 9:36 NLV).

3) Kyk hoe Hy prioriteite hanteer. “…groot skares het gekom om Hom te hoor preek… Maar Jesus het Hom gereeld in ‘n verlate plek afgesonder om te bid” (Lukas 5:15-16 NLV). Het Hy iets geweet wat ons nie weet nie? Daar is nie ‘n belangriker opdrag as om elke dag tyd in gebed deur te bring nie.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top