
Jesus het gesê: “As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees.” Voordat God jou met ‘n groot taak sal vetrou, sal Hy jou eers toets met ‘n klein takie. Die enigste manier om te weet of jy gereed is vir meer, is om te sien hoe jy dit wat jy reeds het, hanteer. Hy sal jou nie bevorder bo jou huidige vermoëns nie, maar jou keer op keer terugbring na sekere dinge, totdat jy dit regkry.
Soos wat jy saam met God stap, sal Hy jou geloof versterk deur jou te toets in areas wat net ‘n klein bietjie geloof vereis. As jy die toets slaag, sal Hy jou in omstandighede plaas wat ‘n bietjie meer geloof vereis. Elke keer wat jy Hom meer vertrou, sal Hy ‘n bietjie meer van Homself aan jou openbaar en jou meer seën – dit is hoe dit werk! Elke klein tree in geloof lei jou tot ‘n ryker en meer vervullende verhouding met Hom. Vra jouself, hoe gaan jy die klein dingetjies vandag hanteer?
Bron : Radiokansel




