William Johnston, eienaar van die Ritz-Carlton hotelgroep, het ‘n wonderlike gesegde: “Kwaliteit is ‘n wedloop sonder ‘n eindstreep!” Natalie Nabal skryf: “As 99.9 persent goed genoeg was, sou die volgende dinge elke jaar gebeur het: 2 miljoen dokumente sou deur die Ontvanger van Inkomste vermis word; 12 babas sou aan die verkeerde ouers gegee word; 291 hartomlyningsoperasies sou misluk het; 20,000 medisyne voorskrifte sou verkeerd uitgeskryf word; 114,500 onpaar skoene sou verkoop word.” Dit mag dalk nie vir jou veel beteken nie – tensy dit jou baba, jou voorskrif, jou hartomlyning, jou belasting of jou skoene was!
Hoekom sou die kerk-milieu bereid wees om ‘n standaard van werk aan te bied en te aanvaar wat doodeenvoudig nie in die sekulêre arbeidsmark sou afgaan nie? Die feit dat die Bybel sê ons moet almal liefhê, is geen verskoning vir luiheid, laat opdaag en halwe werk lewer nie. As Christus dan in ons lewe, behoort ons nie bo die kompetisie uit te styg nie? Enigiets wat in God se naam gedoen word, moet met een doel gedoen word – uitnemendheid! Vir diegene wat Hom minder aangebied het, het God gesê: “Julle bewys nie respek deur dit wat julle doen nie…” (Maleagi 1:12 NLV). Eer of onteer jou werksgewoontes die Here? Dink daaroor na! Dit is hoekom Paulus geskryf het: “Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Syne gemaak het!” Kom aan – jy kan beter doen!
Bron: Radiokansel




