‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie.
Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe, en is die persoon lankal “uit ons gedagtes” en geensins deel van ons lewens of selfs in Bloemfontein nie. Om eerlik te wees, ek was ‘n bietjie uit die veld geslaan en het nie sy stem herken nie.
Hy sê vir my dat die Heilige Gees besig is om hom, en hy die Here gevra het om as daar enige iets is of iemand is met wie hy moet regmaak, die Here hom dit moet wys. Lyk my ons was op daardie lys. Hy vra my om hom asb te vergewe en dat hy persoonlik ook vir Zelda wil kom sien as hy weer in Bloemfontein is.
Ek praat later in daardie week met Joos Rossouw en die gesprek gaan oor hoe ons reageer wanneer God dinge in ons lewens uitwys. Hy sê God is soos die son. Ons het een van twee harte. Of ons het ‘n hart van klei of ‘n hart van was.
Wanneer klei aan die son blootgestel word, raak dit kliphard, maar wanneer dit water kry, raak dit sag.
Dalk het die Here al vantevore jou hart kom besoek, dalk is jou hart reeds kliphard, dalk nie. Ek wil een gedagte by jou vandag los. Wanneer jou hart sag word in Sy son, kry jy bevryding en word daar ‘n las van jou skouers afgehaal.
Die Woord sê :”Vandag as julle Sy stem hoor, moet nie julle harte verhard nie”
Kom ons stel nie uit vandag nie, kom ons maak die Here se hart bly en in die proses ons las ook soveel ligter. Kom ons maak reg as ons drooggemaak het.
Johann