Here, laat dié dag aanbreek!

stonesAs navolgers van Christus is ons in die Gees aan mekaar verwant. Elkeen van ons is ‘n lewende klip, aan ander lewende klippe verbind, en God werk met ons totdat ons netjies in mekaar pas: ‘…julle as lewende, gekapte klippe inbou in God se geestelike tempel.’ (1Petrus 2:5 NLV). Vir God is daar net twee soorte mense – die wat gered is en die wat verlore is. Hy is nie begaan oor denominasies, ras of enige ander verskille nie: ‘…Omdat julle almal in Christus Jesus één is …’ (Galasiërs 3:28 NLV).
Toe die Israeliete die Beloofde Land in besit sou neem, wou twee van die stamme nie saam met die res gaan veg nie, hulle wou hulle net dáár vestig. Moses het gevra: ‘.”Moet julle broers dan gaan oorlog maak en julle bly ewe rustig hier?”‘ (Numeri 32:6 NLV). Hulle het besef dat hulle moes saamstaan en daarna gesê, ‘Ons sal nie na ons blyplekke toe terugkom voordat elke Israeliet sy deel gekry het nie.’ (Numeri 32:18 NLV). Hulle mog nie hulle erfdeel geniet totdat elkeen daarin kon deel nie. Om in die eenheid van die Gees te wandel, beteken dat jy nie jou goeie gesondheid ten volle kan geniet as jou boer of suster siek is nie, of jou sukses ten volle vier wanneer ander sukkel nie. Wanneer jy die seëning van God heeltemal verstaan, wil jy aan ander sê, ‘Die God wat my deurgehaal het, sal jou ook deurhaal!’ Jy wíl werk en bid om dit te bereik. Wanneer ons saam opgewek is, sal die skeiding tussen ons oorbrug wees, sal ons aan Christus gelykvormig wees en sal die wêreld ons met erns bejeën. Here, laat dié dag
aanbreek!
Bron : Radiokansel
Scroll to Top