
Dit lyk stewig en sterk maar dit het op n kritieke oomblik gebreek. Hier is die verhaal agter daardie tou.
Edward se ideaal was om die duiselingwekkende hoogtes van die beroemde Matterhorn, n piek in die Alpe, tot bo te klim.
Saam met n groepie bekwame bergklimmers het hy op n dag die taak aangepak.
Die geselskap het bestaan uit vier klimmers en drie gidse. Twee van die drie leiers was broers.
Alles het voorspoedig verloop tot bo op die spits van die duiselingwekkende hoë
Michel, die een gids, sou eerste afklim, dan die drie klimmers en daarna die oudste van die twee broers.
Versigtig het Michel Cros homself neergelaat oor die bodemlose afgrond. Toe buite sig van die ander lede, het Michel Croz die volgende klimmer gehelp om n vastrapplek te kry bo die angswekkende afgrond.
Skielik weergalm n gil deur die pieke van die Alpe toe daardie klimmer bo op Michel Croz val en hom van sy karige vastrapplek meesleur.
Die volgende twee klimmers wat aan die tou vasgemaak was, is saam met hulle die afgrond in getrek.
Die oorblywende drie ervare klimmers wat nog bo was, het onmiddellik die tou tussen hulle gespan en vasgestaan om die skok, wanneer die tou met die vier vallende mans styftrek, soos een man tussen hulle te verdeel.
Die oomblik toe die tou styftrek het die skok gekom. Die tou het soos n garedraad gebreek. Die afgrys gevulde klimmers bo toe hulle hulle vriende teen die bergwand sien afval tot in die gletser 1200m onder hulle!
Ure later terug na die moeisame afklim het Edward en die twee broers die droewige verhaal vertel en daar is vasgestel dat die gebreekte tou nie n Alpine Club tou was nie!
n Alpine Club tou word uitgeken aan n rooi draad wat reg deur die volle lengte van die tou loop en daardie tou het dit nie in gehad nie.
Hoe dit moontlik was dat n ondergeskikte tou op so n ekspedisie saamgeneem is bly steeds n totale raaisel.
Daar is al dikwels gesê dat die reddingskrag van die Bloed van Christus soos n rooi draad reg deur die hart van die Bybel loop.
Het jou geestelike tou die rooi draad in?




